top of page

LATEST NEWS

28 Mar 2023

24th Guinjata Bonanza

Conifrmed! The 24th Guinjata Bonanza fishing competitiion is happening from the 4th of June to 9th of June 2023. Awesome prizes and an even that should not be missed.

Dolf Bosch

+258847691407

28 Mar 2023

2023 Dhow race at Barra

The annual Dhow race is confirmed and is happening on 8 April 2023. 

Joey

+258 84 054 9311

23 Jan 2023

Valiant Swart - Write-up

Review from Valiant Swart after his visit to Guinjata in December 2022


"Tien dae in mooiste Mosambiek

Ek het die afgelope Desember saam met my gesin ‘n onvergeetlike wegbreek geniet by Guinjata Bay in Mosambiek. Dit was op uitnodiging van ons ou vriend Gerald Saunders, wat ‘n paar luukse vakansie-villa’s daar bedryf. 

Ons het vroegoggend ‘n Airlink-vlug uit Kaapstad na O.R. Tambo-lughawe in Johannesburg gehaal, en vandaar ‘n aansluitingsvlug (ook Airlink) na die Villancoulos-lughawe in Mosambiek geneem. Mens kan ook vanaf O.R. Tambo met die Mosambiekse LAM-redery na die Inhambane-lughawe vlieg; dis ‘n korter vlug en aansienlik nader aan Guinjata Bay, maar die vlug is heelwat duurder.

Die uitsig deur die vliegtuigvenster terwyl ons neerdaal vir die landing op Villancoulos was absoluut asemrowend – eindelose, kobalt- en turkoois-blou waters wat glinster in die tropiese middagson, so ver soos die oog kan sien. 

Gerald het ons kom oplaai, en ‘n vier-uur lange road trip vanaf Villancoulos na Guinjata het voorgele. Dit was op sigself ‘n avontuur. Ek was bitter bly oor die lugverkoeling in die bakkie – Mosambiek is warm.

Die nalatenskap van die burgeroorlog van weleer is oral sigbaar. In die dorpie Villanculos is die strate en geboue afgeleef. Tog is die atmosfeer deurgaans vreedsaam en gelate.

Die teerpad na Guinjata is vol krake en slaggate, maar darem heel  begaanbaar, met nedersettings en winkeltjies en plaaslike inwoners oral langs die pad. Die omgewing is boomryk en ruig, aanvanklik met reuse-kremetartbome, wat na gelang van tyd oorslaan na palm- en kokosneutbome. 

Teen die laatmiddag het ons uiteindelik ons bestemming bereik – pragtige Guinjata Bay, met sy sandpaaie en winkeltjies en vriendelike inwoners.

Ons het ons intrek geneem in die heerlike, luukse, lugverkoelde Villa Castellos – een van ‘n aantal soortgelyk-dog-verskillende villa’s, met vriendelike personeel en ‘n rustige ‘laid back’ atmosfeer. Die uitsig op die skynbaar eindelose sandstrand na weerskante, en die wye Indiese Oseaan wat tot aan die einder strek was ‘n skouspelagtige verwelkoming, kompleet met ‘n yskoue, plaaslike ‘2M’-bier (mens spreek dui uit ‘Dosh-Em’) in die ‘infinity pool’ op die dek. 

Teen skemer het ons afgesit na een van ‘n aantal restaurantjies op die strand, waar ons getrakteer is op garnale en kreef en ander plaaslike lekkernye, en yskoue wyn. Indien jy nie lus is om elke dag in ‘n restaurant te eet nie, is daar vriendelike personeellede by Villa Castellos wat jou bedien met plaaslike lekkernye soos garnale, oesters en kreef, en dalk heerlike visgeregte, as die visse byt!

Dit was interessant om te sien hoe die vakansiegangers hul viertrek-voertuie op die strand parkeer (dis taboe in die Kaap). En dit bly nie net by parkeer nie; die gesinne/vriendegroepe slaan oral op die strand hul ekstra-groot gazebo’s en strand-tente op, wat dan daar bly staan vir die duur van hul verblyf.

Daar is ‘n duikskool wat daagliks skuba-ekskursies aanbied, en talle visvang-charters (afhangende van die weer), en ‘n rits stalletjies waar mens van die plaaslike craft-kunstenaars se produkte kan aanskaf – sarongs, klere, inheemse kunsvlyt en memento’s – alles baie kleurvol en oulik - en bekostigbaar.

Ons het eendag ‘n bietjie gaan rondry deur die plaaslike dorpies nedersettings, en lekker ge-shop vir aandenkings en mooigoed in die mark van die kusdorpie Tofo, en gaan vis eet in ‘n restaurantjie op die kaai van ‘n kleinerige hawe, vanwaar veerboot-operateurs die plaaslike inwoners vervoer na hul bestemmings in die groter Inhambane-gebied.

Die meeste ander dae het ons ge-chill op die strand of by die villa; die idee was basies om dinge so rustig as moontlik te vat.

Op ons voorlaaste middag/aand het ek by die Safety Stop restaurant/kroeg, weereens reg op die sand, ‘n verskriklike lekker optrede gehad met my kitaar en my liedjies, vir sowat 150 mense – ‘n vriendelike, vrolike en ontvanklike gehoor; en nogmaals een van ‘n rits hoogtepunte van ons besoek.

Die volgende oggend het ons weer die road trip na Villanculos aangepak, en vandaar via Johannesburg teruggevlieg Kaap toe, met wonderlike herinneringe aan ‘n fantastiese tyd.

Nogmaals dankie aan Gerald en Heleen Saunders en jul seuns, en jul vriendelike personeel, en al die nuwe pelle wat ons gemaak het, en al die lekker mense van Guinjata Bay – ons kom beslis weer kuier!

* Om meer te wete te kom oor hoe jy en jou mense een van die lekkerste vakansies denkbaar kan gaan hou – hier is die skakel na Villa Castellos se webwerf."

Gerald

20 Dec 2022

Valiant Swart

South African singer, Valiant Swart will be performing at The Safety Stop, Guinjata Bay on 20 December 2022.  Bookings Essential.

Lynn Retief

+258 844015449

03 Dec 2022

2022 Student Rush

Student Rush Mozambique will be held in Guinjata Bay from 3-10 December 2022

28 Sept 2022

Annual X-mas Market

Local residents have decided to arrange an Annual X-mas Market for all to attend.  The current dates are 21 December 2022 held in Guinjata Bay and 22 December 2022 at Paindane Beach. 

Some of the stalls already confirmed:

Candles, Lures and tackle, Crochet tops, Zoerdoef, Curry fish, Games, Boerewors Rolls, Face painting, Housekeeping uniforms, Chili sauce,, Door stoppers, Tie dye pants, Mosaic items and more.

Susan v/d Berg

+27 83 601 3414

09 Sept 2022

Local Spring Walk

Wishing all the wonderful ladies a Happy Women’s day. Come ladies, Let’s show them what we can do. 2022 Ladies Spring Fundraiser from  Guinyata ( Safety Stop) to Tofo (C Mew) . 3 September. Each participant gets sponsors towards the Inhambane Orphanage. Everything from paint, cement, mattresses, linnen, stationary, kitchen equipment, food, clothes ext. All funds donated will be utilised to buy necessities for the orphanage. Then arrange for a special Christmas party for them. Some treats, little gift packs , sweeties ext. Some missionaries have also offered to do some bible stories and sing some songs , and hand out a few bibles in English and Portugese. C Mew can accommodate 10.   Malcampo can accommodate 16. Each participant is responsible for their own expenses, accommodation, food and drinks. 5500 mets, for 2 includes breakfast, excluding dinner and drinks. Please any suggestions and ideas to make this day safe, fun, and successful would be much appreciated. Looking forward to hearing from you and hope that you will be able to participate or contribute. All donations would be much appreciated. Kindly PM me personally.

Hannelie Griffiths

09 Sept 2022

Whales are still active in Guinjata and Paindane

This year the humpback whales where in abundance and whale watching was amazing. The season should continue well into September / October. We will keep you updated.


Debby Bosch

Valiant Swart @ The Safety Stop 22nd & 26 December

Debby

Lynn +258 84 4015 449

22 December 2023 Guinjata Bay Outdoor Xmas Market

bottom of page